Lyrink logo

Koos Kombuis - Liza se Klavier

Chord diagram for G
Chord diagram for Em
Chord diagram for Am
Chord diagram for D
      
Koos Kombuis - Lisa Se Klavier
------------------------------

G Em
Ek het ‘n vriendin ver by die blou see
G
Teen die hang van Tafelberg
Em
As die son sak
G
Speel sy die mooiste melodiƫe
Haar vingers ken die pad opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde
hartseer en verlange
verstaan die hart se diepste smart
G Am
Ja, die hele wereld word stil, en luister in die donker uur
D Em
Na die naggeluide van Lisa se Klavier
En Lisa kannie ophou as sy eers begin het nie,
En sy laat my nooit huistoe loop
Of afskeid neem
Voor my laaste sigaret nie
Ek staan op haar balkon, ek drink haar appelkoostee
Kyk uit na Kaapstad in die nag
Die liggies, en die swart
Swart see
Ja, die hele wereld word stil, en luister in die donker uur
Na die naggeluide van Lisa se Klavier
Ja, die hele wereld word stil, en luister in die donker uur
Na die naggeluide van Lisa se Klavier
En onder op die sypaadjie
Sien ek die bergie en sy maat
Staan op en opkyk ver na bo
Vannuit die vullis van Oranjestraat
Hul ken al lank die klanke
Wat uit haar woonstel stroom
Lank na twaalf, met die deure oop
Al moan die bure ookal hoe
Word Lisa elke boemelaar se droom
Woorde & musiek - Koos Kombuis
Hallo daar almal. Jasper van Zyl en WP du Plessis (alombekend as die hoogs berugte Mr. P) aan die woord. Ons weet almal dat daar 'n MASSIEWE aanvraag na Afrikaanse kitaarmusiek op die internet is en daarom het ons besluit om hierdie KLAS tab op die internet te plaas. Moet ASSEBLIEF nie suinig wees as jy enige Afrikaanse kitaarliedjies ken en kan speel nie. ONS STEL BELANG. Jou medemens stel belang. Komaan, help die mense met kosvoorraad, donasies en kitaartabs. Ons het. Jy kan!
Ons kan ongelukkig nie verantwoordelik gehou word vir enige teleurstelling, psigose, radioaktiewe vergifting of skaakspelnederlae wat met hierdie tab verbind kan word nie.

Source: http://www.azchords.com/k/kooskombuis-tabs-2204/lizaseklavier-tabs-21238.html

More songs by Koos Kombuis